Gesamentlike begrafnisdiens vir nege leerlinge gehou

Loading player...
‘n Gesamentlike begrafnisdiens sal Donderdag gehou word vir die nege laerskool leerlinge wat Woensdag dood verongeluk het in Mpumalanga.
Die minibus waarin hulle op pad was huis toe van die skool af, het omgeslaan.
Tien leerlinge is ook beseer en in die Elukwatini-hospitaal behandel. Almal was tussen vyf en 13 jaar oud.
Die bestuurder is gearresteer.
Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die diens sal by die Mayflower-stadion plaasvind.
22 Feb 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min