Drie vas oor onwettige wapens in Bosbokrand

Loading player...
Drie verdagtes wat na bewering verbind word aan misdadige aktiwiteite is gisteroggend tydens ‘n klopjag deur die Calcutta-polisie in besit van onwettige wapens en ammunisie aangekeer.
Die mans is by hul onderskeie huise in Marite Trust gearresteer nadat die polisie inligting ontvang het van Provinsiale Misdaad-intelligensie.
Volgens Brigadier Selvy Mohlala is onder meer is ‘n rewolwer, geweer, ammunisie en ‘n koeëlvaste-baadjie gekonfiskeer.
Hulle sal vandag in die hof in Mkhuhlu verskyn.
2 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min