AfriForum se Nelspruit-tak maak natuurreservaat skoon

Loading player...
Die AfriForum-tak in Nelspruit het Donderdag in samewerking met Mbombela-munisipaliteit die park by die Steiltes Natuurreservaat se gras gesny en indringerplante uitgeroei.
Volgens Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, is die reservaat ‘n gewilde ontspanningsarea met veral gesogte bosloeries wat kranige voëlkykers daarheen lok.
Die munisipaliteit het die groter areas gesny terwyl AfriForum die ontspanningsareas, heinings en parkeerarea met bossiekappers skoongesny het.
Van Heerden sê dit is verblydend dat die parke-afdeling van die munisipaliteit steeds hul kant bring, ten spyte van uitdagings met arbeidskrag en hulpbronne.
7 Mar 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min