VF Plus sê Mbombela-munisipaliteit moet oorblywende DBV's ondersteun

Loading player...
Die VF Plus sê Mbombela-munisipaliteit moet dringend die geld oorbetaal wat hulle aan die DBV verskuldig is.
Freddy Robertson sê die munisipaliteit se gesloer om ʼn betalingsooreenkoms tussen hulle en die Laeveld DBV te eerbiedig het daartoe gelei dat die Barberton DBV einde Februarie sy deure moes sluit.
Dit plaas die oorblywende twee takke in Nelspruit en Witrivier onder groot druk om ook dienste te lewer aan die Umjindi-area.
Hy voer aan Mbombela het op 5 Augustus 2020 laas geld vir die 2018/19-finansiële jaar aan die DBV oorbetaal.
'n Bedrag van R3,2 miljoen is aan die DBV verskuldig vir die laaste twee finansiële jare.
Hulle sloer ook sedert Julie om die ooreenkoms te hernu waarvolgens die DBV skutte namens Mbombela bestuur.
8 Mar 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min