Vermeende moordenaars vasgetrek in Bosbokrand

Loading player...
Twee mans wat aan verskeie moorde en gewapende rowe gekoppel word, is Vrydagaand in Marite naby Bosbokrand gearresteer.
Die polisie het inligting ontvang oor individue in besit van vuurwapens. Die taktiese reaksie-eenhede van Tshwane en Ekurhuleni het saam met die Calcutta-taakmag gereageer.
Elkeen was in besit van ‘n 9-milimeter-pistool.
Hulle sal vandag in die Mkhuhlu-hof verskyn vir die onregmatige besit van vuurwapens en ammunisie.
Beide word ook gekoppel aan ‘n reeks ernstige misdade, insluitende die moord op ‘n polisielid in Januarie en ‘n moord in Johannesburg in Desember.
14 Mar 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min