VF Plus eis dat Hazyview se watertoevoer geprivatiseer word

Loading player...
Die VF Plus wil waterverskaffing aan Hazyview laat privatiseer.
Mbombela raadslid, Ken Robertson, sê die bystandpomp by die hoofwatersuiweringsaanleg is reeds vir 15 maande buite werking en die hoofpomp het intussen ook gebreek.
Geen aksie is egter geneem om die bystandpomp betyds te herstel nie en die plaaslike landbougemeenskap moes sy besproeiingskanaal aan die munisipaliteit beskikbaar stel om tydelik water aan inwoners te verskaf.
Hy voer aan dat die bekende toerismebestemming se reputasie onherroeplike skade ly.
14 Mar 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min