Uitkyk-pad weer bruikbaar vir drawwers

Loading player...
Die Uitkyk-pad in Nelspruit is nou heelwat veiliger na We Care for Nelspruit, die Claremont-gemeenskapspolisiëringsforum en die plaaslike AfriForum-tak dit skoon gesny het.
Die pad was erg toegegroei met bome en bosse wat die pad op plekke vir voetgangers versper het, sodat drawwers en fietsryers in gevaar gestel is.
Die takke is gesnoei, gras is gesny en hope grond is van die padoppervlak verwyder sodat stormwaterdreine weer doeltreffend kan funksioneer.
Arlo Van Heerden AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld:
23 Mar 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min