Polisie bekommerd oor aanvalle op lede

Loading player...
Die Mpumalanga polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, is bekommerd dat polisielede toenemend deur kriminele geteiken word.
Gisteraand is ‘n 24-jarige man en 26-jarige vrou aangekeer na hulle op die polisie geskiet het, terwyl hulle probeer vlug het van ‘n winkelsentrum naby Calcutta waar hulle na bewering ‘n roof uit wou voer. Beide is gewond en word behandel en sal aangekla word van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
‘n 25-jarige vrou is ook gearresteer nadat ‘n polisiebeampte se gesteelde dienspistool Sondag in haar huis in Shatale naby Bosbokrand gevind is.
Vrydag is die 37-jarige polisiesersant Enok Themba Nsimba noodlottig gewond toe die polisie reageer het op 'n wenk oor 'n saamtrek van 15 vermeende kriminele by 'n gastehuis in Kabokweni.
Ses verdagtes is aangekeer en sal vandag in die hof verskyn.
Brigadier Selvy Mohlala:
28 Mar 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min