Man vermoor en verbrand in Piet Retief

Loading player...
Vyf verdagtes word deur die polisie gesoek na die 31-jarige Mxolisi Ndlela Maandagaand in Piet Retief vermoor is.
Hy was saam met sy vrou en kind by die huis toe die aanvallers, gewapen met messe, hom uit die huis gesleep het. Hy is doodgekap en sy liggaam is aan die brand gesteek.
Die verdagtes het gevlug. Die motief vir die moord is onbekend.
Volgens brigadier Selvy Mohlala bestaan die moontlikheid dat die voorval verwant is aan heksery.
30 Mar 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min