Penryn se Miela Banza skitter by nasionale swem-kampioenskappe

Loading player...
Penryn Prep se Miela Banza het van die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe drie goue medaljes losgeswem.
Die 12-jarige het die 50 meter, 100 meter, en 200 meter borsslag vir meisies onder 13 gewen.
Sy het by die byeenkoms ook die finaal gehaal in die 200 meter wisselslag.
Haar afrigter, Jasper Venter, sê Miela is dalk nog te jonk vir die Olimpiese Spele wat in 2024 in Parys aangebied word, maar skryf dit nie af nie, en hulle mik definitief vir deelname aan die Statebondspele in 2026.
20 Apr 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min