Drie verdagtes vandag in die hof vir die moord op Hillary Gardee

Loading player...
Drie verdagtes wat sedert Vrydag aangekeer is in verband met die moord op Hillary Gardee, verskyn vandag in die hof in Nelspruit.
Die 28-jarige dogter van die EFF se voormalige sekretaris-generaal, Godrich Gardee, se liggaam is Dinsdag langs die Sabie-pad gevind nadat sy verlede Vrydag vermis geraak het.
Sy is in haar agterkop geskiet. Sy is Saterdag begrawe.
Die EFF sê die party se leierskap sal vandag die familie na die Nelspruit Landdroshof vergesel waar die drie verdagtes die eerste keer sal verskyn.
9 May 2022 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min