Kommer oor brandbestryding in Mpumalanga-munisipaliteit

Loading player...
Die VF Plus in Mpumalanga sê hy oorweeg die moontlikheid van strafregtelike klagte teen diegene wat verantwoordelik is vir die verskaffing van brandweerdienste in Dipaleseng-munisipaliteit.
Volgens Raadslid Carel Pienaar beskik die munisipaliteit die afgelope vier jaar oor geen brandweerwa in ‘n werkende toestand nie.
Verlede week het 'n huis in Balfour afgebrand ten spyte van die gemeenskap se pogings om dit te red.
Pienaar sê rampbestuur in die munisipaliteit is in ʼn haglike toestand met geen voertuie, minimale personeel en geen brandbestrydingstoerusting nie.
10 May 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min