Variété 'n onvergeetlike ervaring

Loading player...
Hoërskool Nelspruit (NHS) se spogproduksie, Skouspel, het hierdie jaar met swier sy terugkeer gemaak as Variété. Ezette Mans (produksiebestuurder) en Hené Swanepoel (choreografierepetiteur) saam met Signature Performing Arts & Theatre Technology het na afloop van Skouspel 2021 fyn beplan aan 2022 se produksie.
Weens almal se harde werk was dit ‘n onvergeetlike produksie met 28 liedjies, gesing deur talentvolle soliste; uitstekend gechoreografeerde danspassies en talle verhoogverrassings.
Dit is in NHS se skoolsaal aangebied, met die tema ‘n viering van die skool se 70ste bestaansjaar. Swanepoel verduidelik dat die verskillende items verskillende dekades uitgebeeld het.
16 May 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min