Reeksmoordenaar kry vierde keer lewenslank

Loading player...
Die reeksmoordenaar, Shaun Oosthuizen (42), is gister in die Pretoria-streekshof ‘n vierde lewenslange vonnis opgelê vir moord. Oosthuizen dien reeds drie lewenslange vonnise uit vir die moord op Hetta Potgieter in Nelspruit, Engela van Wyk in Springs en Barbara Fenton in Alberton.
Volgens die Valke se Kaptein Dineo Sekgotodi het hy later teenoor ondersoekers die moorde op
Ema Gossen in Sunnyside in 2015 en Lillas Merry in Roodepoort erken, waarvoor hy gister nog ‘n lewenslange vonnis opgelê is. In Totaal moet hy ook 80 jaar sit vir roof met verswarende omstandighede.
17 May 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min