Beraad bekyk groener energie vir Mpumalanga

Loading player...
Die provinsiale regering het vandag sy tweedaagse Energie Beraad in Emalahleni afgeskop.
Dit het ten doel om Mpumalanga te posisioneer as ‘n fokus vir groen ekonomiese aktiwiteite.
Dit soek ook maniere om individue se werksgeleenthede en gemeenskappe se ekonomië te beskerm terwyl daar wegbeweeg word van steenkool. Die steenkool bedryf verskaf werk aan meer as 82-duisend mense in Mpumalanga.
Eskom is besig om Hendrina en Arnot-kragstasies te ontkoppel en Komati om te skakel na gas.
Die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê dit sal veral Emalahleni, Steve Tshwete, Govan Mbeki en Msukaligwa negatief raak, tensy daar proaktief beplan word om mense in nuwe industrieë in te sluit.
Vir dié doel is die Mpumalanga Groen Ekonomiese agentskap gestig.
Andre De Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het vandag bygewoon.
24 May 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min