Hemelvaart

Loading player...
Psalm 24
'n Psalm van Dawid.
Die aarde en alles wat daarop is,
die wêreld en dié wat daar woon,
alles behoort aan die Here,
want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê
en dit stewig gevestig in die waters.
Wie mag die berg van die Here opgaan
en wie mag in sy heiligdom gaan staan?
Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is,
wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
So iemand sal van die Here seën ontvang,
en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.
Die mense wat na sy wil vra en Hom dien,
is die geslag van Jakob.
Sela
Verbly julle, poorte,
wees bly, eeue-oue deure,
want die magtige Koning wil ingaan!
Wie is hierdie magtige Koning?
Die Here, sterk en geweldig,
die Here, oorwinnaar in elke stryd.
Verbly julle, poorte,
wees bly, eeue-oue deure,
want die magtige Koning wil ingaan!
Wie is Hy, hierdie magtige Koning?
Die Here, die Almagtige,
Hy is die magtige Koning.
3 Jun 2022 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Seeking Gods Kingdom

Braam Klopper, Stewart Gordon and Theo Groeneveld discusses the topic: Seeking God's Kingdom (Matt. 13)
14 Aug 17 min

Verhaal van die Vloed (Deel 2)

Braam Klopper, Sebastian van Dyk en Michelle van Tonder gesels vandag verder oor die verhaal van Noag en die vloed
31 Jul 20 min

Verhaal van die vloed

Braam Klopper, Sebastian van Dyk en Michelle van Tonder gesels vandag oor die verhaal van Noag en die vloed - met klem op die vraag: waarom vertel Israel hierdie verhaal?
24 Jul 22 min