Bepalende Curriebeker-aksie vandag 

Loading player...
Drie spanne spook dit vandag uit vir die laaste twee plekke in die top vier van die Curriebeker punteleer. Die Bulle en Cheetahs sal Saterdag bepaal wie eindig in eerste en tweede plek.
'n Wen vanaand op Mbombela-stadion sal genoeg wees vir die Griekwas om derde te eindig op die punteleer.
Op 27 punte, benodig die Pumas ‘n wen en, afhangende van hoe dinge vir die Haaie verloop in Stellenbosch, sal hulle ‘n bonuspunt benodig om die laaste vier van vanjaar se toernooi te haal.
Pumas-afrigter Jimmy Stonehouse sê hulle is gereed vir die stryd.
10 Jun 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min