Drie vermeende stropers verskyn vandag in die hof

Loading player...
Drie vermeende stropers verskyn vandag in die hof in Bosbokrand. Hulle is Vrydag in die Krugerwildtuin vasgetrek toe ‘n besoeker aan die park geweerskote gerapporteer het. ‘n Helikopter is ontplooi en die drie mans is in besit van drie renosterhorings sowel as ‘n jaggeweer met ‘n knaldemper gevind. Die karkasse van vier renosters is daar naby ontdek. Die horing van die een is nie verwyder nie. Volgens die polisie is al drie van Mosambiek.
4 Jul 2022 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min