Voltydse patrollies tree in werking op die Numbi-pad

--:--
Hi-Tech Witrivier is aangestel om met twee voertuie en gewapende wagte vandaf vandag voltydse patrollies op die gedugte Numbi-pad te ry. Verskeie aanvalle is die afgelope ruk aangemeld op hierdie pad, veral op besoekers aan die Krugerwildtuin wat dié hek gebruik. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê dit word vir die volgende 12 maande deur die Toerisme-Sakekamer van Suid-Afrika befonds.
15 Jul 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

DA kritiseer tekort aan werkskepping in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga sê die premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het weereens nie haar belofte oor werkskepping gestand gedoen nie. Volgens Bosman Grobler is ‘n teiken van 99-duisend werksgeleenthede daargestel om die 48-komma-1-persent werkloosheidsyfer in die provinsie aan te spreek. Hy sê slegs die departemente van Gemeenskapsveiligheid en Samewerkende Regering kon…
27 Mar 8AM 1 min

DA lê kriminele klagte oor besoedelde water in Carolina

Die DA het vanoggend by die Carolina-polisiestasie kriminele klagte gelê teen die burgemeester, Daniel Nkosi, en die stadsbestuurder, Ephraim Thabethe, van Chief Albert Luthuli-munisipaliteit vir oortreding van die Waterwet. Volgens die party gaan dit oor jarelange besoedeling van waterbronne met mynsuur in Silobela informele nedersetting, selfs na ‘n hof in…
27 Mar 7AM 1 min

Besige paasnaweek op N4 verwag

Die komende Paasnaweek is die besigste tyd van die jaar op die N4 tussen Mpumalanga, Gauteng en Mosambiek. TRAC waarsku motoriste om hoë verkeersvolumes te verwag en hul reistye daarvolgens te beplan. Volgens Solange Soares, die kommunikasiebestuurder vir TRAC N4, verwag die besigste tye sal heeldag Donderdag, Vrydagoggend en Maandag…
25 Mar 8AM 1 min

Mpumalanga polisie soek verdagtes wat man se hande afkap en daarmee vlug

Die polisie in Mpumalanga soek na verdagtes wat ‘n man se hande afgekap het. Die 30-jarige het oorleef en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie het hy vroeg Woensdagoggend op die Kroomdraai-pad in Vosman naby Witbank gestap toe sowat ses verdagtes in ‘n groen Opel Corsa-bakkie verskyn, en…
25 Mar 4AM 1 min

Verdagte aangekeer weens moord op polisiekaptein in KaNyamazane

‘n 32-jarige verdagte is aangekeer in verband met die moord op ‘n polisiekaptein, Sibusiso Mthombothi, in Kanyamazane. Mthombothi was op 13 Januarie van diens af toe hy sy private voertuig na ‘n karwassery geneem het. Die verdagte, wat na bewering ‘n veroordeelde moordenaar is, het glo teen hom vasgery en…
20 Mar 4AM 1 min