Vrou weer aangekla van moord op bejaarde vrou in Mbombela in 2018

Loading player...
Die 51-jarige vrou wat in 2018 aangekeer is in verband met die moord op Hetta Potgieter in Macadamia-ouetehuis in Mbombela, word weer aangekla van haar moord sowel as roof.
Die klagte teen die vrou is in 2021 teruggetrek weens onvoldoende bewyse, maar die Valke sê nuwe bewyse het aan die lig gekom.
Sy is destyds saam met Shaun Oosthuizen en John du Plooy aangekla. Oosthuizen diens tans vier lewenslange vonnisse uit vir moord op bejaarde vroue, insluitenende die van Potgieter.
Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi sal die vrou op 12 Augustus in die hof verskyn.
21 Jul 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min