DA vra dat 'n burgemeester dringend verkies word in Nkomazi

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het ‘n dringende skrywe gerig aan die LUR vir samewerkende regering, Mandla Ndlovu, om te vra dat hy ingryp sodat ‘n nuwe burgemeester dringend in Nkomazi-munisipaliteit verkies word. Trudie Grovè-Morgan sê die munisipaliteit is sedert Maart sonder ‘n burgemeester toe Johan Mkhatshwa - saam met die Speaker en vyf raadslede - uit die ANC geskors is. Volgens haar het dienslewering sedertien tot stilstand gekom.
29 Jul 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min