Kaper gesoek na verkeersbeampte se skietdood

Loading player...
Die Valke is op soek na ‘n vyfde verdagte in verband met die kaping en moord verlede naweek van ‘n verkeersbeampte Victor Thabo Mashego.
Vier mense is reeds aangekeer in die besit van sy geroofde Polo in Bosbokrand.
Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi is daar op hom en sy twee passasiers geskiet en het die aanvallers met die voertuig weggejaag.
Die passasiers is ongedeerd.
Die voertuig is geparkeer by die HOP-huis in Bosbokrand opgespoor. Die huiseienaar sowel as drie broers verskyn Woensdag weer in die Calcutta-hof.
1 Aug 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min