Wenk lei tot arrestasie van vier met onwettige wapens

--:--
Vier verdagtes is gister op die R40 in Dwarsloop buite Bosbokrand aangekeer nadat die polisie op 'n wenk reageer het dat hulle onwettige vuurwapens in hul besit het.
Volgens Brigadier Selvy Mohlala is twee handwapens sonder reeksnommers sowel as 33 rondes ammunisie in hul besit gevind.
Polisiekommissaris luit. gen. Semakaleng Manamela het die gemeenskap geloof vir hul samewerking met die polisie om moontlike ernsitge misdaad te voorkom.
Volgens Mohlala is die wit Polo waarin hulle gery het is nie as gesteel aangemeld nie.
31 Aug 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Betogers steek ambulans aan die brand in diensleweringprotes op R40

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die versperring van die R40 by Casteel in die Bosbokrand-omgewing vanoggend veroordeel. ‘n Provinsiale ambulans is ook aan die brand gesteek, na bewering deur mense wat teen swak dienslewering in die area betoog. Shongwe sê mense het die volste reg om…
22 Apr 7AM 1 min

Nuwe kliniek in Balfour geopen

# Die minister van Gesondheid, Dokter Joe Phaahla, het vanoggend amptelik die nuwe Balfour-gemeenskapskliniek geopen. Hy het gister met ‘n twee-dag-besoek aan gesondheidsfasiliteite in Mpumalanga begin, waar hy Themba-hospitaal in Kabokweni besoek het om dienslewering aan te spreek asook berigte oor misdaadbedrywighede wat veiligheid bedreig. Die adjunk direkteur-generaal van Algemene…
18 Apr 7AM 1 min

Twee vas wat glo bakkie steel

Twee beskuldigdes maak vandag hul tweede hofverskyning in die Nkomazi-landdroshof op aanklagte van die besit van ‘n gesteelde voertuig. Mancoba Bongi Dlamini en Siyabonga Thusi, beide burgers van Eswatini, is Saterdag deur die grenspolisie op die R570 tussen Jeppe’s Reef en Malalane aangekeer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald…
17 Apr 1AM 1 min

Verdagte vasgetrek in besit van plofstof na roof by vulstasie

‘n Vermeende sakerower sterk onder polisiebewaking aan in die hospitaal na hy Saterdagaand geskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n vulstasie in Thulamahashe. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy in besit van plofstof. Sowat agt gewapende aanvallers het kort voor middernag op die vulstasie toegesak en…
15 Apr 7AM 1 min

DA gerief oor tekort aan MRI-skandeerder by Rob Ferreira

Die DA sê dit is onaanvaarbaar dat tersiëre hospitale in Mpumalanga nie radiologiedienste aan pasiënte kan bied nie. Jane Sithole van die DA sê daar is steeds geen MRI-skandeerder by Rob Ferreira-hospitaal nie, en pasiënte moet betaal om sulke toetse privaat te laat doen. Boonop het die provinsiale gesondheidsdepartement verlede…
11 Apr 9AM 1 min