Polisie maak deurbraak met vermeende kapingsindikaat

Loading player...
Die polisie het 'n deurbraak gemaak deur gister vyf mans aan te keer wat na vermoede verbind word met 'n kapingssindikaat. Volgens polisiewoordvoerder brigadier Selvy Mohlala is almal tussen 16 en 48 jaar oud.
Hulle het gister laatmiddag en vroegoggend toegeslaan op 'n perseel in Kwamhlanga na 'n opsoringsmaatskappy 'n sleepwa wat Vrydag in Boksburg gekaap is daarheen nagespoor het.
Verskeie sleepwaens wat na vermoede gesteel is sowel as gesteelde goedere is op die perseel aangetref.
Mohlala sê hulle sal aangekla word van die besit van gesteelde goedere en die polisie ondersoek of hulle met ander kapings, rowe en ontvoerings verbind kan word.
13 Sep 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min