Borgtog toegestaan aan drie vermeende bedrieërs

Loading player...
Drie amptenare wat gister deur die Valke aangekeer is vir vermeende bedrog, diefstal en geldwassery van 60-miljoen-Rand is elk borgtog van 15-duisend-Rand toegestaan. Thababang Clifford Khumalo, Nonhlanhla Precious Matsheka en Nkosinathi Mahlalela het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Hulle is werksaam by onderskeidelik Mbombela-munisipaliteit en die verkeersdepartemente in Nelspruit en Witrivier. Die saak is uitgestel tot 29 September wanneer hulle saam met ses ander beskuldigdes sal verskyn wat in Julie reeds in verband met die saak aangekeer is.
15 Sep 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min