Man skiet glo vriendin, pleeg selfdood in Kanyamazane

Loading player...
Die polisie ondersoek die moord op ‘n vrou vanoggend in Kanyamazane.
Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die 37-jarige Shirley Hassan is om ongeveer sewe-uur voor oorgetuies wat op pad was werk toe geskiet deur Phinda Matlaka met wie sy glo in 'n verhouding was.
Hy het daarna by sy pa se huis in die area glo sy eie lewe geneem.
Volgens Mohlala is die vuurwapen verlede week tydens ‘n huisbraak in Kanyamazane gesteel.
22 Sep 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min