Meer as net ‘n fliek in pajamas!

Loading player...
Finesse Voelgoed bied binnekort weer hulle “Fliek in pajamas”-geleentheid aan. Natuurlik kan so ‘n aand nie verbygaan sonder dat daar nie teruggeploeg word nie. Solidariteit Helpende Hand se Boesemvriendinneprojek baat by die geleentheid. Venessa Schoeman, handelsmerkbestuurder van Voelgoed Media en René Roux, Helpende Hand se adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie, gesels nie nét oor die geleentheid nie, maar ook oor hoe hulle paaie gekruis het. Hulle verduidelik ook hoe elkeen nie net alleen nie, maar ook saam, ‘n verskil maak.
29 Sep 2022 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Ruhan gee stem aan verlies, verlange

“Met ‘Pa vir Kersfees’ bring Ruhan ’n bekende heldeverhaal opnuut na vore en gee hy woorde aan die verlange om iemand nog net een keer te sien, te hoor of vas te hou.”
23 Oct 23 min

Ollyvans skink dubbel met solo-debuut

Ollyvans vervaardig al jare lank agter die skerms musiek vir kunstenaars soos Juan Boucher, Tasché en Refentse en het ook die groep Red Sheep se treffersnit “Suiderkruis” vervaardig. Sy debuutsnit, “Op ys”, het onlangs die lig gesien.
21 Oct 8 min