Lenteklasse vir 2022-matrieks

--:--
Die Mpumalanga departement van Onderwys het vandag met lenteskool ekstraklasse vir graad. 12-leerlinge begin.
Woordvoerder, Gerald Sambo, sê dit is gemik op alle skole wat verlede jaar ‘n slaagsyfer van minder as 70-persent behaal het.
Die klasse word tot Vrydag by 133 sentrums aangebied deur onderwysers wat gekies is op grond van hul prestsies in vorige eindeksamens.
Volgens Sambo mik hulle vanjaar vir 'n slaagsyfer van 83% - op van 73,6% in 2021.
3 Oct 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pasgebore babaseuntjie in park in Middelburg ontdek

Die polisie ondersoek ‘n saak van kinderverwaarlosing na ‘n pasgebore baba in Van Blerk Park in Middelburg ontdek is. Volgens die Mpumalanga polisie het ‘n man wat verlede Vrydagaand herwinbare produkte in 'n asblik gesoek het, die seuntjie in 'n plastieksak toegedraai ontdek. Die naelstring was nog aan die baba…
21 Sep 9AM 1 min

VLU vier Erfenisdag met handvlyt

Die VLU Malieveldstreek vier hierdie naweek Erfenisdag met decoupage, Macrame en koesisters en melktert). Wendy Bam vertel vir die Verkas-span dat die organisasie vir alle vroue bedoel is, dit hulle bemagtig en 'n gemeenskap bied. Die Klets en Kuier vind Saterdag by die NG Moedergemeente-kerksaal in Bellstraat plaas. Manne is…
21 Sep 1AM 1 min

Twee wat Inkomstediens glo bedrieg verskyn in Witrivier

Twee mense wat aangekla word van bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie is gister borgtog van 5-duisend-Rand elk toegestaan in die Witrivier-landdroshof. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Romini Lucky Shongwe, die enigste direkteur van Velibanti Vuka, Noxolo Mpumelelo Mndawe se beweerde belastingbedrog…
21 Sep 1AM 1 min

Drie vasgetrek met spoorlyn wat glo by Barberton gesteel is

Drie verdagtes is  gister op die N4 naby Middelburg vasgetrek in besit van gesteelde spoorlyne met ‘n geraamde waarde van 3-miljoen-Rand. Volgens die polisie in Mpumalanga is die arrestasie die resultaat van samewerking tussen die Teen-bende-eenheid, patrollie-beamptes en lede van die publiek. Volgens inligting is die treinspoor verlede maand naby…
20 Sep 6AM 1 min

Pogings om strikke in NKW te bekamp

Die stel van strikke in die wildtuin is 'n baie groot probleem. Jacques Malan, 'n SANParke Ereveldwagter wat reeds 14 jaar betrokke is by die uitroei van die strikke, voer aan dat dit meer gekonsentreerd is naby aan dig-bewoonde gebiede buite die park. Hoewel veldwagters in die wildtuin ook daagliks…
20 Sep 5AM 1 min