SA Ope Spele by Rob Ferreira aangebied

--:--
Atlete van sewe provinsies begin vandag deelneem aan die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektuele Gestremdes se SA Ope Spele.
Dit word by Hoërskool Rob Ferreira aangebied in samewerking met die provinsiale departemente van onderwys en sport.
Atlete ouer as 16 jaar sal meeding in atletiek, landloop, netbal, basketbal en futsal.
Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die week sal eindig met die einstryde in die verskillende kodes wat Vrydag plaasvind.
3 Oct 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Help PCA om Limpopo-boere by te staan na brande

Pediatric Care Africa beoog om die mense van Phalaborwa en boere van die Louis Trichard en Bandelierskop-omgewings wat onlangs deur verwoestende brande geraak is, te help. Dr. André Hattingh sê boere sukkel selfs sonder om sulke massiewe skade te ly. Pediatric Care Africa wil aan almal wat daardeur geraak is,…
26 Sep 4AM 1 min

LUR besoek Nkangala voor eindeksamen begin

Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vergader vandag by HTS Middelburg met die voorsitters van beheerliggame, skoolhoofde en presidente van die Verteenwoordigende Leerlingraad van Nkangala-distrik. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het dit ten doel om rolspeler-betrokkenheid in die lewering van gehalte-onderwys in die provinsie te…
26 Sep 12AM 1 min

Wyksraadlid in Mpumalanga doodgeskiet

'n Wyksraadslid se lewe en dié van nog 'n man is kortgeknip toe 'n gewapende verdagte Saterdagaand by Tsema-Marhumbu in Calcutta op hulle losgebrand het. 'n Derde persoon is gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het die 55-jarige raadslid, Lot Nkuna (55), saam met David Matsane in…
26 Sep 12AM 1 min

Moordverdagte gee homself oor in Belfast

’n 33-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van moord. Die 44-jarige Abel Magane is Woensdagaand in Belfast deur 'n verdagte in 'n wit Amarok-bakkie geskiet. Hy is met sy aankoms by Belfast-hospitaal dood verklaar. Die verdagte het homself gister aan die polisie oorgegee. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga,…
22 Sep 8AM 1 min