R50 000 beloning vir inligting na Duitse toeris doodgeskiet is

Loading player...
Die Kruger-Laeveld-sakekamer het ‘n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting oor die verdagtes wat gistermiddag ‘n Duitse toeris tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet het. Volgens die polisie was ‘n groep van vier toeriste van Duitsland om ongeveer 16:30 op die R538 Numbi-pad onderweg na die Numbi-hek van die Krugerwildtuin. Drie gewapende mans in ‘n VW Caddy het hulle voorgekeer en probeer kaap. Die bestuurder het die voertuig se deure gesluit en is deur die venster geskiet. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het die verdagtes gevlug sonder om iets te steel.
4 Oct 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min