Die skietdood van 'n Duitse toeris onderweg na die wildtuin word wyd veroordeel

Loading player...
Die DA het sy stem gevoeg tot die koor wat met afgryse gevul is dat ‘n Duitse toeris gistermiddag op die Numbi-pad na die Krugerwildtuin doodgeskiet is tydens ‘n beweerde kaping.
Die Kruger-Laeveld-sakekamer het ‘n beloning van 50-duisend-Rand uitgeloof vir inligting oor die verdagtes.
Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap sê hulle werk saam met die polisie en KLCBT om maniere te vind om te verseker ons toeriste is veilig voor die feestyd.
Oupa Pilane, die voorsitter van toerisme by die KLCBT en die nasionale mede-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Toerismedienstevereniging sê ‘n afvaardiging sal vandag met die familie van die slagoffer ontmoet.
Trudie Grovè-Morgan van die DA sê die reputasieskade benadeel toerisme en die ekonomie.
4 Oct 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min