Provinsiale ramp verklaar na stormskade in Hazyview

Loading player...
# Swaar reën en sterk winde het die naweek skade aan huise, skole, ‘n kliniek en die kragnetwerk in Hazyview aangerig. Volgens die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit werk hulle saam met Mbombela en die provinsiale departement van samewerkende regering om die skade te bepaal en hulp te verleen. Jacques Benade, die hoof van Rampbestuur in Mpumalanga, sê rampbestuurspanne is op 'n hoë gereedheid geplaas vir nog swaar reën wat die somer verwag word.
25 Nov 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min