Vermeende stroper moet 11 jaar gevangenisstraf uitdien

--:--
'n Man moet elf jaar agter tralies bly na hy gister in Skukuza vir stroperyverwante misdrywe gevonnis is. Die 45-jarige Isaac Sihlangu is in 2019 saam met 'n medebeskuldigde, Abel Manyike, aangekla. Manyike is reeds gevonnis. Sihlangu was voortvlugtig na hy in 2019 borg toegestaan is. Hy is in Februarie weer aangekeer en het Dinsdag skuldig gepleit. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa:
25 Nov 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

DA maak beswaar oor beskikbare ambulanse in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga vra dat die gesondheidsombud ondersoek instel na die provinsiale gesondheidsdepartement se versuim om nasionale riglyne oor nood mediese sorg na te kom. Volgens Jane Sithole word lewens in gevaar gestel deur die tekort aan ambulanse en personeel. Die vierde kwartaal-verslag vir 2022/23 wys daar is slegs…
9 Jun 4AM 1 min

Jeugwerkswinkel om jongmense in die werksplek te bemagtig

Die Laeveld-tak van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW) bied voor Jeugdag op 13 Junie 'n werkswinkel aan gemik op jong, nuwe professionele mense. Dit het ten doel om jeugdiges in die werksplek te bemagtig en onderwerpe soos die moontlike impak van Kunsmatige Impak (KI) op die werksplek, entrepreneuriese en…
8 Jun 3AM 11 min

DA bekommerd oor pasiënte se kos by Themba-hospitaal

Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd oor beweringe dat pasiënte by Themba-hospitaal naby Witrivier nie van genoegsame kos voorsien word nie. Volgens Jane Sithole doen ‘n plasing die ronde op sosiale media oor hoe pasiënte soggens slegs twee snye droë brood ontvang voor ‘n maaltyd saans. Sy sê…
8 Jun 2AM 1 min

Ekstra skop vir teenstropingsoperasies in die Krugerwildtuin

Die Krugerwildtuin het die donasie van opleiding en toerusting in taktiese ongevalle-sorg en eerstehulp vir hul veldwagters verwelkom. Die skenking, ter waarde van 166-duisend-600-Rand, is befonds deur die Conservation Risk Initiative en Noctuam Poaching Prevention Academy en is deur Mdluli Safari Lodge in Pretoriuskop gefasiliteer. Die woordvoerder van die wildtuin,…
7 Jun 7AM 1 min