91,6-persent van matrieks slaag in Mbombela

--:--
Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend die gedetaileerde provinsiale uitslae vir die provinsie by die Universiteit van Mpumalanga bekendgemaak. Die matrikulante van 2022 het ‘n slaagsyfer van 76,8% in Mpumalanga behaal, ‘n verbetering teenoor 2021. Landwyd het 80,1% van die gr. 12’s wat die eindeksamen afgelê het, geslaag. Hoërskool Middelburg is aangewys as die provinsie se top-skool. Majuba sê elk van die vier distrikte het ‘n verbetering getoon. Die beste kring in Ehlanzeni is Mbombela met 91,6%.
20 Jan 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

DA betuig ook medelye na moord op hoofman

Die DA in Mpumalanga het sy medelye betuig aan die Mnisi-stam in Bosbokrand na die sluipmoord op die hoofman, Clyde Mnisi, Sondagaand. Partylid Trudie Grovè-Morgan sê hy was bekend daarvoor dat hy sy lewe aan die diens van sy mense gewy het. Sy sê hulle hoop sy moordenaars word spoedig…
29 Mar 8AM 1 min

MRK gevra om leerling- en onderrigmateriaal in Mpumalanga te ondersoek

Die DA het aan die Menseregtekommissie geskryf om die impak te ondersoek van die groot afname in die Mpumalanga Onderwysdepartement se begroting vir leerling- en onderrigmateriaal. Volgens Jane Sithole is daar in 2023 68-miljoen-Rand minder spandeer. Sy sê hulle is aan die begin van die akademiese jaar oorval deur klagtes…
29 Mar 8AM 1 min

DA beskommerd oor verval by ontspanningspark in Nkomazi

Die DA in Nkomazi is besorg oor die agteruitgang van die Masibekela-ontspanningspark. Raadslid, Nhlonipho Dlamini, sê hulle het tydens ‘n oorsigbesoek gevind die swembaddens en storte word nie instand gehou nie, met deure en pype wat verniel is. Die munisipaliteit het die fasiliteit in 2017 in ontvangs geneem. Hy beskuldig…
29 Mar 7AM 1 min

ActionSA beweer bouwerk aan die nuwe Middelburg-hospitaal is weens korrupsie gestaak

ActionSA in Mpumalanga beweer dat die bou van ‘n nuwe hospitaal in Middelburg weens korrupsie gestaak is. Volgens die provinsiale voorsitter, Thoko Mashiane, is daar reeds meer as 1,2-miljard-Rand spandeer aan die 250-bed hospitaal wat vroeg in 2020 voltooi moes wees. Volgens ActionSA is dit tans 58-persent klaar gebou. Mashiane…
29 Mar 6AM 1 min