Burgerlugvaart ondersoek noodlottige vliegongeluk in Mbombela

--:--
Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek ‘n noodlottige vliegongeluk wat gistermiddag in Mbombela plaasgevind het. ‘n Ligte vliegtuig het naby die Ou Nelspruit-lughawe neergestort. Die vlieënier was die enigste insittende en is dood. Die kommunikasiebestuurder van die Burgerlugvaartowerheid, Sisa Majola, sê dit is onduidelik van waar of waarheen die vliegtuig op pad was.
31 Jan 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

SANParke stel eerste vrou aan as hoof uitvoerende beampte

SANParke het die aanstelling van die eerste vrou as die organisasie se hoof uitvoerende beampte aangekondig. Hapiloe Sello het in 2015 by SANParke aangesluit as bestuurshoof van toerisme-ontwikkeling en bemarking waar sy kommersialisering-strategieë geïmplementeer het. Sy het tussen Junie en November 2022 as hoof uitvoerende beampte waargeneem. Volgens Pam Yako,…
31 Mar 6AM 1 min

Inskrywings vir Elands sluit Maandag

Inskrywings vir die TRACN4 Elands-marathon sluit Maandag. Vanjaar bied hulle ook ‘n voorwedloop ekspo aan, ‘n eerste vir ‘n padwedloop in die provinsie. Die Elands-marathon word beskou as die skilderagtigste en vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades en vind op 22 April plaas. Die voorwedloop ekspo is op 21 April…
31 Mar 3AM 1 min

Polisie vra kalmte ná dodelike taxi-geweld in Oakley

‘n Taxibestuurder is dood en drie mense gewond in taxi-geweld in Oakley naby Bosbokrand. Volgens die polisie het 'n geskil tussen lede van taxi-verenigings tot die beweerde kruisvuur gelei. Die 41-jarige July Shabangu is geskiet en het in die Matikwana-hospitaal aan sy wonde beswyk. Twee ander taxi-bestuurders en 'n burgerlike…
30 Mar 4AM 1 min

Ongeluk eis vier op die N4

Vier mense, waaronder ‘n kind van ongeveer twee jaar oud, is gisteraand dood in ‘n botsing op die N4 naby Witbank. Volgens die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het dit om ongeveer 7-uur plaasgevind toe die bestuurder van ‘n sedan beheer verloor het en in aankomende verkeer…
30 Mar 3AM 1 min