Renosterstroper moet 18 jaar sit

--:--
'n Renosterstroper is gister in Skukuza tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis. Santos Baloyi is in September in die Afsaal-area van die Krugerwildtuin vasgetrek. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het veldwagters op patrollie ondersoek ingestel na hulle ‘n skoot gehoor het. ‘n Skietery het ontstaan. Baloyi is gewond en aangekeer. Hy was in besit van twee vars renosterhorings. Hy het skuldig gepleit op betreding van die wildtuin, besit van ‘n bedreigde spesie se liggaamsdele en stropery. Een van sy twee medepligtiges is dood.
3 Feb 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Saak van moord geopen na liggame van twee jongmense in Kabokweni ontdek is

Die polisie ondersoek 'n saak van moord sowel as verkragting na die liggame van twee jongmense in Kabokweni ontdek is in 'n verlate gebou Maandagaand. Die 16-jarige Sinenhlahla Nkosi is na vermoede vermoor. Die polisie het ook met 'n geregtelike doodsondersoek begin na die liggaam van die 25-jarige Dumiso Mhlongo…
29 Mar 2AM 1 min

Hawelose man geskiet na onderonsie weens pizza

‘n Hawelose man is dood toe hy Saterdagaand in Witrivier geskiet is. Volgens die polisie het hy vir ‘n verbyganger in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan vir ‘n pizza gevra en toe die man weier het hy hom met ‘n ketting aangerand. Die verdagte het hom toe geskiet en in die bors…
27 Mar 10AM 1 min

Hoofman van Mnisi Tribal Council buite Witrivier doodgeskiet

Die hoofman van die Mnisi Tribal Council, Clyde Mnisi, is gisteraand naby die Kruger Mpumalanga Internasionale lughawe doodgeskiet. Volgens die polisie het hy en sy bestuurder in 'n Toyota Avanza toe hulle 'n pap band kry. Terwyl hulle vir hulp gewag het, het vyf swaar gewapende mans met balaklavas in…
27 Mar 7AM 1 min

Kaartjieverkope vir Innibos open vandag

Ná twee jaar se feesdroogte is dit vanjaar weer voluit Innibos Kunstefees, en feesterreinkaartjies kan reeds vanaf vandag by Computicket gekoop word. Innibos vind vanjaar van Donderdag, 29 Junie, tot Saterdag, 3 Julie, plaas met die Loof Hom Innibos-konsert oudergewoonte die Sondag. Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, sê…
27 Mar 5AM 1 min