Lily-myn tragedie na sewe jaar herdenk

--:--
Dit was gister sewe jaar sedert Lily-myn buite Barberton ingestort het.
Die liggame van drie mynwerkers, Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule en Solomon Nyirenda is sedertien ondergronds vasgekeer.
ActionSA het dit gister saam met familie- en gemeenskapslede herdenk.
Partyleier Herman Mashaba sê die ANC-regering se gesloer om die vraghouer met die oorskot van drie werkers te herwin, bly 'n ongeregtigheid teenoor die mynwerkers en hul families.
Mashaba sê hy gaan die myn se sakereddingpraktisyns vra om die drie werkers se families toegang tot die myn te gee: 
6 Feb 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Verdagte vasgetrek in besit van plofstof na roof by vulstasie

‘n Vermeende sakerower sterk onder polisiebewaking aan in die hospitaal na hy Saterdagaand geskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n vulstasie in Thulamahashe. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy in besit van plofstof. Sowat agt gewapende aanvallers het kort voor middernag op die vulstasie toegesak en…
15 Apr 7AM 1 min

DA gerief oor tekort aan MRI-skandeerder by Rob Ferreira

Die DA sê dit is onaanvaarbaar dat tersiëre hospitale in Mpumalanga nie radiologiedienste aan pasiënte kan bied nie. Jane Sithole van die DA sê daar is steeds geen MRI-skandeerder by Rob Ferreira-hospitaal nie, en pasiënte moet betaal om sulke toetse privaat te laat doen. Boonop het die provinsiale gesondheidsdepartement verlede…
11 Apr 9AM 1 min

Nog deurbrake met Operasie Vala Umgodi in Sabie

Die polisie in Mpumalanga het verskeie deurbrake gemaak teen onwettige mynbou met toerusting wat gekonfiskeer is, en arrestasies wat gemaak is. As deel van Operasie Vala Umgodi is daar op toerusting in Sabie, Pelgrimsrus en op ‘n plaas in Schoemanskloof beslag gelê. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli sê verskeie mense…
11 Apr 8AM 1 min

DA verwelkom R200-miljoen-boete oor riool in Govan Mbeki

Die DA het die Govan Mbeki-munisipaliteit se boete van 200-miljoen-Rand vir die oortreding van omgewingswette verwelkom. Die boete wat deur die Bethal-landdroshof opgelê is, is vir die storting van rou en onbehandelde riool in die eMbalenhle-watersuiweringsaanleg en die Watervalhoekrivier tussen November 2019 en September 2020. 50-miljoen-Rand van die vonnis is…
11 Apr 5AM 1 min

Kommer oor Kaapsehoop se wilde perde

Die Kaapsehoop Wildeperdeforum is bekommerd oor die aantal wilde perde wat jaarliks doodgery word. In die jongste voorval is ‘n dragtige merrie Sondagaand deur ‘n motoris doodgery. Haar vulletjie het ook omgekom. Fourie sê hul getalle het sedert 2015 van ongeveer 150 meer as halveer. Volgens haar is dit deels…
10 Apr 4AM 1 min