Premier sê bywette moet afgedwing word om toekomstige tragedies te verhoed

Loading player...
# Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê swak infrastruktuur en mense wat in vloedgebiede woon het die skade vererger wat aangerig is tydens die oorstromings die afgelope weke. Paaie, brûe, skole, huise, plase, en waterwerke is regoor Ehlanzeni-distrik beskadig. Skoolgaan is in Nkomazi ontwrig. Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede in Mbombela en Nkomazi wat die ergste geraak is, besoek. Volgens die premier moet die afdwing van munisipale bywette verbeter om tragedies in die toekoms te vermy.
20 Feb 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min