Arrestasie gemaak na vrou en drie kinders se bylmoord in Piet Retief

Loading player...
‘n Verdagte is aangekeer wat na bewering ‘n vrou en haar drie kinders met ‘n byl doodgekap het in Piet Retief. Die polisie in Mpumalanga het Vrydag die liggame van die 47-jarige vrou, haar tweeling seuns van elf en haar sesjarige dogter in hul huis in Phola Park ontdek. Hulle is Dinsdag laas gesien en familielede kon nie met hulle kontak maak nie. Polisie woordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die huis was van buite gesluit. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Mkhondo-landdroshof verskyn.
27 Feb 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min