DA sê die ANC buit die ramptoestand in Nkomazi uit

Loading player...
Die DA in Mpumalanga beskuldig die ANC-regering in Nkomazi-munisipaliteit daarvan dat hy die nasionale ramptoestand gebruik om kaders te bevoordeel. Nkomazi is ernstig geraak deur onlangse vloedskade wat tien lewens in die provinsie geëis het. Raadslid Nhlonipho Dlamini sê ‘n tydelike rampbestuursentrum is by Kamahlushwa-stadion opgerig met ‘n markiestent wat glo teen 40-duisend-Rand per dag gehuur moes word. Die tens is vir 15 dae gebruik. Hy sê dit is irrasioneel om dié geld te spandeer wanneer gemeenskapsale beskikbaar is.
28 Feb 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min