Die DA in Mpumalanga sê die provinsie moet ingryp in munisipaliteite

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê al 17 plaaslike munisipaliteite sowel as die drie distrikte kan nie behoorlike dienste lewer nie weens hul eie mislukking om gelde wat aan hulle verskuldig is, in te samel. Volgens Trudie Grovè-Morgan het die geld wat plaaslike owerhede gevolglik hul krediteure skuld tussen 2019/20 en 2020/21 toegeneem tot 16-komma-5-miljard-Rand. Die owerhede wat in die 2020/21 boekjaar die grootste tekorte aangemeld het, is eMalahleni (R671 miljoen), Govan Mbeki (R608 miljoen), Mbombela (R383 miljoen), Lekwa (R329 miljoen) en Thaba Chweu (R305 miljoen).
1 Mar 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min