Vermeende smokkelaars is by Lebombo-grenspos vasgetrek

Loading player...
‘n Man van Zimbabwe en ‘n vrou van Mosambiek is Woensdag tydens ‘n stop- en deursoek operasie by die Lebombo-grenspos aangekeer in besit van vervalste goedere. Volgens die Valke was hulle vanaf Mosambiek na Suid-Afrika op pad. Klere en skoene met nagemaakte handelsmerke van Nike, Adidas, All Star, Chanel, Louis Vuitton, Versace, Diesel, Polo en Gucci wat in hul vragmotor gevind is, het ‘n geraamde straatwaarde van 800-duisend-Rand. Hulle sal na verwagting vandag in die hof in Komatipoort verskyn.
3 Mar 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min