Mpumalanga begroting met gemengde gevoelens begroet

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het gemengde gevoelens oor die begrotingsrede wat Dinsdag deur die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Nompumelelo Hlophe, gelewer is. Bosman Grobler sê hulle is bekommerd dat daar geen strategie is om armoede te verlig nie en dat die provinsie homself nie kan befonds nie, maar afhanklik is van toewysings van die nasionale tesourie. Hulle is ook besorg oor die regering se volgehoue ondersteuning van die Mpumalanga Ekonomiese Groei-agentskap en dat nog R90 miljoen op die Internasionale Varsproduktemark gemors gaan word.
9 Mar 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min