Onderwysdepartement betreur die dood van twee leerlinge op die N4

Loading player...
Die Mpumalanga onderwysdepartement het sy medelye betuig aan die skoolgemeenskappe wat geruk is deur ‘n noodlottige ongeluk op die N4 vanoggend.
Twee minibus-taxi’s en ‘n vragmotor het tussen Vosman en eMalahleni gebots.
Leerlinge van Ezinambeni was onderweg na Duvha Primary, Laerskool Tasbet, Ilanga Sekondêr, Greendale Combined en TP Sililo Sekondêr.
Twee leerlinge van Greendale Combined School is dood. Verskeie leerlinge is ook beseer.
‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê hulle sal beradingsdienste beskikbaar stela an almal wat geaffekteer is.
9 Mar 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min