DA besorg oor vermeende aanval op polisiestasie

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die aanval Maandag op die polisiestasie in Witbank. Drie-en-twintig verdagtes is gearresteer vir openbare geweld na hulle na bewering die stasie met klippe bestook het. Hulle sou geëis het dat ‘n taxi-bestuurder wat in polisie-aanhouding is vir moord en poging tot moord, vrygelaat word. Trudie Grové-Morgan van die DA sê taxi-bestuurders moet saam met die polisie en gemeenskappe werk om misdaad te bestry.
23 Mar 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min