Kaartjieverkope vir Innibos open vandag
--:--
Ná twee jaar se feesdroogte is dit vanjaar weer voluit Innibos Kunstefees, en feesterreinkaartjies kan reeds vanaf vandag by Computicket gekoop word. Innibos vind vanjaar van Donderdag, 29 Junie, tot Saterdag, 3 Julie, plaas met die Loof Hom Innibos-konsert oudergewoonte die Sondag. Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, sê hulle is baie opgewonde om die fees weer te kan aanbied en hoop feesgangers sien saam met hulle uit na ’n gesellige, vars fees.