MRK gevra om leerling- en onderrigmateriaal in Mpumalanga te ondersoek

--:--
Die DA het aan die Menseregtekommissie geskryf om die impak te ondersoek van die groot afname in die Mpumalanga Onderwysdepartement se begroting vir leerling- en onderrigmateriaal. Volgens Jane Sithole is daar in 2023 68-miljoen-Rand minder spandeer. Sy sê hulle is aan die begin van die akademiese jaar oorval deur klagtes van ouers en onderwysers dat hulle nie van genoegsame skryfbehoeftes en boeke voorsien is nie. Ouers is gevra om dié gapings te vul. Sithole sê die kurrikulum het nie verander nie, en leerlinge word jaarliks meer.
29 Mar 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Saak teen vermeende renosterstropingsindikaat tot Julie uitgestel

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga sê hy is gereed om voort te gaan met die saak teen vier mense wat aangekla word van misdade verwant aan 'n renosterstropingsindikaat. Die woordvoerder van die N-V-G, Monica Nyuswa, sê die voorverhoor-konferensie is geskeduleer vir 17 Julie in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Twee…
26 May 8AM 1 min

Pumas moet teen Bulle wen om veilig te bly

Oorwinnings in die Curriebeker vir die WP en Bulle hierdie naweek kan moeilikheid maak vir die Airlink Pumas. Die Mpumalanga-span kan tot in die vierde posisie op die punteleer terugsak en daarmee die risiko loop om verbygesteek te word in die twee finale rondes voor die halfeindstryde bepaal word. Die…
26 May 2AM 1 min

LUR besoek sentrum vir vroeë kinderontwikkeling in Mbombela

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê sy departement is besig om sentrums vir vroeë kinderontwikkeling in die provinsie te professionaliseer. Hy het vanoggend besoek afgelê by die Thembelihle-vroeëkinderontwikkelingsentrum in Mbombela om die vordering te monitor sedert dié sentrums aan sy departement toegewys is. Ten einde matrikulante te…
25 May 6AM 1 min

DA: Estralita Spesiale Skool kort dringend aandag

Die DA sê daar moet dringend ingegryp word by Estralita Spesiale Skool in Lydenburg. Volgens Sonja Boshoff, ‘n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, word leerlinge met gestremdhede hul grondwetlike reg op onderwys ontsê weens ‘n voortslepende staking deur Nehawu wat reeds 12 maande duur. Dit spruit uit bewerings…
24 May 8AM 1 min

Mpumalanga begin ondersoek na Mkhondo-munisipaliteit se finansies 

Die DA het die forensiese ondersoek verwelkom wat die provinsiale regering in Mkhondo-munisipaliteit van stapel gestuur het. Irene Brussow, die DA-koukusleier in die munisipaliteit, sê haar party en ander belanghebbendes vra al jare dat beweerde wanadministrasie en wangedrag ondersoek word. Die ondersoek is deur die LUR vir samewerkende regering, Mandla…
24 May 6AM 1 min