Polisiekaptein vas vir dagga-handel

Loading player...
‘n Polisiebeampte verskyn vandag in die hof in Sabie op aanklagte van handel in dagga. Volgens die polisie is hy Vrydag aangekeer toe sekuriteitswagte op patrollie ‘n polisievoertuig in ‘n plantasie opgemerk het. Die polisiekaptein en ‘n man in ‘n polisie-oorpak was in besit van meer as 22-kilogram se dagga met ‘n geraamde straatwaarde van 33-duisend-Rand. Die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die kaptein het met die polisievoertuig probeer ontsnap en het na bewering die sekurtietswagte probeer omkoop. Sy medepligtige het te voet gevlug.
3 Apr 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min