Vermeende mensehandelaar skuldig dat hy onwettig in die land is

Loading player...
‘n Man wat aangekla is van mensehandel is vrygespreek op dié klagte in die Bethal-landdroshof. Die 43-jarige Eduardo Teixeira is egter skuldig bevind aan oortreding van die Wet op Immigrasie. Hy is Dinsdag tot twee jaar tronkstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar, gevonnis. Hy is aanvanklik daarvan aangekla dat hy saam met sy vriendin mense van Mosambiek na Suid-Afrika gelok het met die belofte van goeie werk, maar dat hulle gedwing is om op ‘n plaas te werk. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê alle klagte is teen sy vriendin, Nhlanhla Thabetha, teruggetrek.
27 Apr 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min