Voormalige Eskom-werknemer tronk toe vir bedrog

Loading player...
‘n Voormalige administrasieklerk by Eskom is tot effektief 10 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog, korrupsie en geldwassery in die gespesialiseerde hof vir kommersiële misdade in Mbombela. Nwabisa Ngxola het saam met twee medebeskuldigdes gewerk om vervalste fakture te verwerk vir dienste wat nie aan Eskom gelewer is nie. Chimanzi Investments het so 2,6-miljoen-Rand bekom. Die direkteur, Micheal Chimanzi, is op 1 Maart gevonnis tot agt jaar, wat opgeskort is vir vyf jaar. Hul medebeskuldigde, Cinderella Moropane, se saak kom weer 17 Mei voor die hof. Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi:
4 May 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min